Die KragDag 2014 Ekspo

KragDag 2014 het nie teleurgestel nie. Dit was die eerste keer wat die ekspo oor twee dae aangebied is, en hierdie verandering het beslis daartoe bygedra dat die kwaliteit van die uitstallings selfs nog hoër was as die vorige jare. Met groot afwagting en opgewondenheid sien ons uit na KragDag 2015, wat weereens oor twee dae gaan strek. Teken gerus 26 & 27 Junie 2015 aan in jou dagboek. Hierdie geleentheid moet nie gemis word nie!

 

Die KragDag Ekspo, wat die moederskoot van die KragDag Netwerk is, is `n geleentheid waar oplossingsverskaffers en die publiek op grootskaal by mekaar kom ten einde produkte te vergelyk, navraag te doen oor verskillende oplossings en ons mense te bemagtig met die nodige kennis.

 

KragDag word op Diamantvallei, oos van Pretoria, gehou. 

- Roete Aanwysings
- Google Kaart

GPS koördinate
Suid: 25º 48’ 58.66"
Oos: 28º 31’ 35.97"

 


Vrydag 27 Junie en
Saterdag 28 Junie 2013




Sien ook Seminaardag