Besigheidsgeleenthede

KragDag 2014 het nie teleurgestel nie. Dit was die eerste keer wat die ekspo oor twee dae aangebied is, en hierdie verandering het beslis daartoe bygedra dat die kwaliteit van die uitstallings selfs nog hoër was as die vorige jare.Met groot afwagting en opgewondenheid sien ons uit na KragDag 2015, wat weereens oor twee dae gaan strek. Teken gerus 26 & 27 Junie 2015 aan in jou dagboek. Hierdie geleentheid moet nie gemis word nie!

 

Lees ons Prospektus en doen aansoek vir jou onderneming se uitstalruimte by KragDag 2014.

 

Gebruik KragDag se toegang tot onsoplossinghonger teikenmark om jou produkte en dienste bekend te stel.

 


Help ons om die uitnemendheid van die ekspo-inisiatief uit te bou en terselfdertyd hierdie bemarkingsgeleentheid te gebruik om jou naam te koppel aan ’n saak wat wêreldwye aandag geniet.
 
KragDag se kuber markplein bied aan ondernemings die geleentheid om hulle produkte oor die internet aan die publiek te verkoop. Maak gebruik van ons aanlyn stelsel, databasis van gekwalifiseerde kopers enprodukbekendstellingsnuusbriewe om jou afset te verhoog.