Die KragDag Ekspo geleentheid vir jou Onderneming

Untitled Document

Jy word uitgenooi om vandag nog te bespreek om jou uitstalruimte te verseker by KragDag 2015 (hierdie jaar se ekspo) en opgeneem te word in KragDag se bemarkingsmateriaal!

KragDag 2015

Die KragDag ekspo is `n buitelug uitstalling met `n unieke karakter en is waarskynlik die enigste Afrikaanse geleentheid van hierdie aard, waar klem gelê word op volhoubaarheid, effektiewe ontwerp om energie- en water gebruik in te perk, benutting van alternatiewe energie, veiligheid en selfs voedselproduksie.Vanjaar se ekspo word gehou op Vrydag 26 Junie 2014 en Saterdag 27 Junie 2014 te Diamantvallei, 20km oos van Pretoria.

KragDag verskaf deur produkbekendstellings en opvoedkundige inligting, blootstelling aan alternatiewe lewenstyloplossings vir die gewone huishouding, hoewe- en plaasbewoners en klein ondernemings.

KragDag 2015 bied `n besonder waardevolle bemarkingsgeleentheid teen `n werklik bekostigbare prys. Sowat 5 800 besoekers, wat gretig is om hulle op die terrein van selfbehoud te begeef, het 2014 se Ekspo bygewoon.

Uitstalruimte is egter beperk tot 200 uitstallers.

Uitstaller Prospektus

Vir meer besonderhede klik hier om die Prospektus van KragDag 2014 te besigtig.

Uitstaller aansoekvorm

Die KragDag 2015 uitstaller aansoekvorm sal binnekort beskikbaar wees. Die vorm kan elektronies ingevul word, en terug gestuur word na info@KragDag.co.za of gefaks word na 086 771 1091.

Inligting vir Uitstallers en Voorneemende Uitstallers

Laai Die KragDag Prospektus Af
Lees Vorige Nuusbriewe Aan Uitstallers
Kyk na 2014 se Uitstallerslys
Kyk na 2013 se Uitstallerslys
Kyk na 2012 se Uitstallerslys

Besigheids Geleenthede deur KragDag

Verkoop Aanlyn deur KragDag
KragDag ondersteun Kreatiewe Planne

IMAGE_BUTTON_BACK