Kreatief

Die Kreatiewe Kol by die ekspo is die plek waar jy allerhande interessante, nuwe produkte en eksperimente kan besigtig. Hierdie produkte word nie verkoop nie, maar is ’n groot besienswaardigheid. Of dit nou elektriese motors of die trap van ’n fiets wat ’n gloeilamp laat brand is, wees verseker dat elke jaar iets nuuts by die Kreatiewe Kol te sien is.

Het jy ’n kreatiewe idee of produk in voorproduksiefase wat jy graag met almal wil deel? Of ’n eksperiment of twee wat jy graag wil demonstreer? Jy is baie welkom! Uitstallings in die Kreatiewe Kol is gratis en geen produkte of diens word hier verkoop nie. Skakel ons gerus of vul die aansoekvorm in, indien jy voel dat jy ’n bydrae wil lewer tot die Kreatiewe Kol by die volgende ekspo.

Aansoekvorm

IMAGE_BUTTON_BACK